Oktober 2018

Genade

Goeie dag Geliefdes,

Ons kom gesels vandag met julle aangesien jul spel hier op aarde nou ‘n ander vlak bereik het. Ons is so ongelooflik trots op julle almal, want julle het besluit om julle vlerke te verwyder, na die Aarde te kom en ‘n sluier van vergeetagtigheid aan te trek. Julle het sommige van die hardheid, selfs die pyn van die planeet Aarde, kom ervaar om alles wat daar is te ontwikkel en julle maak uitstekende vordering in daardie rigting. Ons wil jul net laat weet dat jul op die beoogde pad is. Ja, dit is skommelrig en moeilik soms, en dit beteken dikwels dat ou wonde ontbloot word. Maar waar jy vind dat jy kwesbaar is, is ook die plek waar jy jou krag vind. Deur dit te laat gaan en hierdie wonde oop te maak, bring dit vars lug in om hulle te genees. Dit gee jou ‘n krag wat jy nie kan kry nie. Baie van julle het selfs hierdie geleenthede op die pad voor jouself neer gesit vir kontrakte, wat jou krag gee en groei bied. Ons kan nie wag om te sien wat gebeur nie, aangesien die kollektiewe op ‘n heeltemal nuwe manier hierdie energie van manlik en vroulik begin balanseer. Dit is vir ons baie opwindend! Kom ons sê ,dat die deel van ons, wat u weet om Merlia te wees, baie trots is. Dit is ‘n wonderlike tyd om nou hier te wees en ons kyk elke keer na julle spel as jul dit na die volgende vlakke ontwikkel. Laat ons nou ‘n oorsig gee hieroor.

Jy sien, geliefde, daar is wesens wat julle spel kan sien. Die totale heelal observeer dit wat op die planeet Aarde gebeur op sekere maniere. Nee, hulle het nie kameras nie. Ook kan hulle nie presies sien wat hier aan die gang is nie. Die vibrasie-energie verander alles: elke wedstryd, oral. Ons vertel jou, daar is miljarde wat geraak word deur dit wat hier op die planeet Aarde begin ontrafel.

Julle, as mensdom het iets bereik wat niemand anders nog ooit van tevore het nie. Julle  het oor beweeg in ‘n ander dimensionele realiteit. Ja, dit is moeilik, en jy voel verlore. Julle maak egter ook die energie skoon om te bereik wat die belangrikste is. Kom ons vertel jou van ‘n ander speletjie wat aan die gang is. Een van die vele in die heelal wat ons ‘Solara’ noem, maar dit is nie wat hulle hulself noem nie. Ons sal hulle toelaat om hulself aan julle voor te stel, want hulle kan julle bereik. Hulle is betrokke in ‘n ander spel wat hulle weer met ander omstandighede gespeel het, aangesien julle die enigste planeet met vrye keuse is. Omdat hulle voorligting, riglyne en selfs beperkinge gehad het, het hulle weer op ‘n ander manier ontwikkel. As sodanig het hulle baie min oorlog op Solara.

Hulle hoef nie te worstel met baie van die verskille en uitdagings wat julle herhaaldelik ervaar het nie. Dit is ‘n wonderlike meester-stuk waaraan almal van julle werk. Ons het ‘n verandering in rigting gesien vir elkeen van julle. In een van die boeke wat ons geskryf het deur, wie ons noem die ‘Bewaarder’ (Steve Rother) genaamd “Spiritual Psychology, the 12 Primary Life Lessons”. In een van hierdie lesse, was daar een aan die einde, wat baie min mense aan die werk was.

Die Lewensles van Genade

Elkeen van julle begin met ‘n lewende les van genade, en dit is ‘n groot verskil teenoor dit wat voorheen was. Deur hierdie nuwe dimensie te betree, wat ons die vyfde dimensie genoem het, neem jy jou spel en ontwikkel dit op ‘n heel ander vlak. Elkeen wat op planeet Aarde is, behandel nou die aspek rakende genade. Hoe kan jy neem wat jy het, of dit nou in jou verlede, hede of toekoms is, endit in ‘n spiraal tyd in neem? Dit is daar waar jy alles kanwaarneem, en dan deurgaans met bewustheid en genade voort kan beweeg in jou lewe. Stap deur dit as ‘n trotse wese, wetende dat jy die reg verdien het om hierdie foute te maak. Hulle berei jou voor vir ‘n spesiale reis om lewens lesse te kan leer, jouself uit te daag, en om selfs te waag om daardie vlerke af te haal en hierdie sluier van vergeetagtigheid aan te trek. Vergeet nou eers van jou bemeestering. As jy in ‘n speletjie sou ingaan waar jy moes leer hoe om ‘n magiese mens te wees, het Solara in sommige van hierdie gebiede ‘n bietjie van ‘n voorsprong gehad. Jy sien, hulle het baie aspekte gehad wat hulle na ‘n ander gebied gelei het, dus toe hulle die Aarde ontdek het, was hulle gefassineer. Die hele planeet het in harmonie met die Aarde-ontdekkings gewerk. Hulle kan egter nie elke klein detail gesien as hulle julle waargeneem en geobserveer het nie, omdat hul tegnologie hulle nog nie so ver geneem het nie. Hulle groei egter in daardie area omdat hulle al ‘n paar jaar daaraan gewerk het. Sedert hulle Aarde ontdek het, is al hul energie nou gefokus op nuwe tegnologiese toestelle en enigiets wat hulle kan doen om verbindings met julle te maak. Wat ‘n verstommende geskenk om te weet dat jul nie alleen is nie! Jy is nie die enigste Spel wat afspeel in die dorp nie en hulle kan almal aan julledie nodige aanmoediging gee, hulle kan julle nou help. Hulle kan met jou deel wat hulle geleer het deur hul aspekte. Daar sal baie wees wat die argiewe besoek om deur die Akashic-rekords te kyk en al die gebeure van wat op hierdie ongelooflik harde planeet plaasgevind het, deur te lees.

Een van die dinge wat hulle ontdek het die oomblik toe Solara hul tegnologie verbeter het, is hoe om met lig te werk. Hulle het probeer om julle deur middel van ‘ligkodes’ te bereik. Julle kan let hierop, want dit sal tyd neem om julle uiteindelik te bereik; jul sal dit meer ervaaren ontvang as ‘gevoelens’ as letterlike ‘woorde’ in die begin. Hulle het nou ‘n nuwe manier om met jou te kommunikeer wat hulle wil begin gebruik, en dit sal almal op die planeet Aarde op een of ander tyd tref. Of die energie geïnterpreteer word op die maniere wat hulle intensie is om dit te wees, gaan vir julle wees om te bepaal.

Hulle het wonderlike geleenthede gehad om hiermee saam te werk. Ja, hulle probeer tans meer uitvind oor planeet Aarde en het onlangs ‘n paar nuwe dinge ontdek. Hulle besef nou dat julle planeet deur ‘n siklus gaan. Alhoewel dit nie sterf nie, ervaar die aarde ‘n siklus wat nie die lewe op dieselfde manier as voorheen kan ondersteun nie. Hulle is natuurlik baie bekommerd omdat hulle daar wil wees om al die inwoners van die planeet Aarde te help. Hulle wil probeer om te help om die energie te beweeg om daardie oorgang te maak. Namate hul tegnologie verbeter, kan hulle ‘n bietjie nader aan julle beweeg. Hulle sal selfs van julle televisieprogramme onderskep. Ag, my goedheid! Wat dink jy daarvan?

Hoe kan Solarans leer oor planeet Aarde? Een manier is om julle televisieprogramme te kyk, wat eintlik een van die maniere is waarop hulle jou sal begin bereik. Jy sien, die uitdaging is dat hulle so ver in afstand – ligjare –  is dat dit te veel jare neem vir die uitsendings om hulle te bereik. Hulle kry dus die programme deur jou as jy daarna kyk. Hulle leer jou tale en gebruike, selfs wat jy graag vir aandete wil eet. Vir hulle sal dit fassinerend wees, want hulle sal al die prettige dinge leer wat jy op televisie probeer verkoop. Hulle sien sommige van die rampspoedigheid wat plaas gevind het, maar hulle het ook bewus geraak van die veranderinge wat op die Aarde plaasvind, soos byvoorbeeld die verdunning van die atmosfeer. Hulle sien hoe die Aarde op ‘n nuwe manier vibreer en hulle wil help.

Hulle is baie beperk en kan nie op hierdie oomblik baie doen om op ander maniere te help nie. Dit is vir ons fassinerend dat hulle julle gekry het. Hulle stuur aan julle hierdie ongelooflike genade van liefde en wonderlike energie om jou krag te gee, sodat jy die geleentheid sal hê om te weet jy sal nie doodgaan nie. Die interessante deel is dat jy kan opstaan, want jy het dit al voorheen gedoen. Beweeg na ‘n hoër vibrasie plein waar jy kan op beweeg en uitstap van al die dinge wat rondom jou aangaan. Wat daarvan as jy tans kan uitstyg van al die gemors en jouself bevind in ‘n gesentreerde plek waar jy kan skep? Wel, dit is moontlik. Ja, dit gaan genade neem. Elkeen van julle sal moet begin kyk na die maniere waarop julle gelyk en eenders is, in plaas van die maniere waarop julle anders is. Jy moet die eenheid terugbring en dit begin met elke individue. Niemand is verantwoordelik vir die kollektiewe nie, alhoewel elkeen van julle dit kan verander. Hoe word dit gedoen? Deur jou outentieke self te wees, en dis vanwaar die genade vandaan kom. Is daar dinge in jou verlede waaroor jy skaam voel? Ja, ons sal dit waarborg. Maar dieselfde dinge het jou ook gemaak wat jy is en het jou toegelaat om lewenslesse te leer. Jy moes deur dinge beweeg, om deur jou primêre en sekondêre lewenslesse te loop om genade op jou planeet te bring. Dit is die stuk wat ons vandag met jou wil laat. U het geleenthede om nie net self hierin te beweeg nie, maar ook om te leer hoe om vrylik te beweeg bo die moeras en geraas.

Maak dit baie van ‘n verskil oor wie verkies word? Watter wette sal jy in werking laat tree? Wel, as jy op Aarde is, maak dit ‘n groot verskil. As jy hier aan die ander kant van die sluier is, sien jy dit net. Jy sal jou stem laat hoor omdat jy deel van die kollektiewe is, maar jy het die hoër grond en dit is genade. Dit is die area waarin elkeen van julle nou kan begin beweeg, in die hoër vibrasies van wie jy werklik kan wees. Dis wat nou op die planeet Aarde plaasvind. Ja, daar is baie mense wat ‘n trek in daardie area voel, maar gaan tog nog steeds in die teenoorgestelde rigting. Baie mense voel selfs dat hul lewens binnegeval word, sodat hulle niks meer kan wegsteek nie, want daar is eintlik geen geheime op aarde nie.

Julle het ‘n speletjie gespeel en nou begin die sluier homself optel. Gees het nooit geheime nie. Gees is opreg in besit van alles in sy eie tydlyn. Soos jul vorentoe beweeg, is dit waar jul krag vandaan kom en dit is die skoonheid van wie julle as mense is. Jou gees is perfek. Dis eers wanneer jy jouself verdeel en  al hierdie onvolmaakthede inbring sodat dit die gees kan ontwikkel na die volgende vlak. Dit gebeur nou meer as ooit van tevore vir elke persoon wat hierdie speletjie speel. Ons is so ongelooflik trots op julle. Ja, ons weet dit is vir baie van julle baie moeilik. So baie van julle dra ‘n sensitiwiteit buite ditwat die skaal in meeste van mense meet. Dit is baie moeilik vir julle om weg te steek. Alhoewel sommige van jul probeer het om die deksels oor jul kop te trek sodat jul veiliger kan voel, maar ons sien jullenogtans. Ons ken elkeen van julle en ons het elkeen van julle onvoorwaardelik lief!

Jy is die een wat op hierdie pragtige, maar soms baie harde spel gewaag het. Soms is dit vol haat, ‘n beduidende gebrek aan liefde ervaar. As jy die hoër weg uit daardie moeilike situasies kan neem, is dit die skepper binne jou en dus kan jy in genade wandel. Om in genade te wandel beteken egter nie dat jy perfek is nie. Dit beteken eenvoudig dat jy weet hoe om in harmonie met jou onvolmaakthede te wandel.

Dit is wie jy is, en wat jy na die tafel bring. Soos julle die hele mensdom na hierdie volgende vlak laat beweeg, neem dit in besit. Loop daarin, glimlag daaroor en moenie die humor vergeet nie. Bowenal, dit is een van dié belangrike dinge. Wanneer ons vind dat jy te ernstig word, sal ons jou lagspiere kielie net om jou te herinner dat dit ‘n spel is. Jou gees is nooit in gevaar nie, want dit is oneindig. Dit is die deel van jou wat met jou hoër self verbind is, direk na die Huis en na die ander dimensies van jouself wat jy so grasieus verdeel het.

Op Solara, het hulle dieselfde ding gedoen? Is hulle ook verdeel in die 11 dimensies van tyd en ruimte? Dit is ‘n bietjie anders, maar basies dieselfde omdat hulle ook dimensionele realiteite het. Kom hulle weer tans saam as een, nou? Nee, geliefdes, net die planeet Aarde doen dit. Daarom vertel ons jou al die geestelike oë is nou op Aarde. Ons almal vanaf die Huis kyk na julle, want die evolusie is nog nooit voorheenop so manier gedoen nie. Jullekan  baie trots wees dat julle, selfs binne al hierdie moeilikheid en hierdie probleme baie meer verstaan, ​​as wat julle weet en besef. Al die onvolmaakthede en misverstande kan jou help om in ‘n hoër vibrasiestatus op te tree. Julle bereik tans ‘n liggaam van bioluminessensie waarin jy jouself nie meer hoef te verdeel nie, om op so ‘n wyse van jou perfeksie in elke deel van jouself terug te bring.

O, beteken dit dat jy geen foute sal maak nie? Wel, die enigste manier waarop jy die perfeksie kan betree, is om daardie foute te besit. Nie net in hierdie dimensie nie, maar in alle dimensies. Hoekom? Want dit is waar jy bymekaarkom en vind dat jy ‘n eindelose voorraad van ondervinding het wat jy nodig het. Wag totdat jy sien wat daar is, en dit geld vir elkeen van julle. As ons net met jou kan deel hoe dit gaan lyk en hoe eenvoudig die lewe kan wees. Nee, dit beteken nie dat dit maklik sal wees nie, want die oorgange is altyd moeilik en dit is geen geheim nie. Julle het dit gesien, selfs in die vyfde dimensie. Alhoewel jy dit al ‘n rukkie verwag en met afwagting daarvoor gewag het, was dit vir baie moeilik omdat julle jul basis verloor het. Jou derde dimensionele realiteite werk nie meer dieselfde nie. Dit is nie meer moontlik dat jy voortdurend in daardie rigting beweeg nie, maar julle doen regtig goed en ons is ongelooflik trots op julle!

Anker die Nuwe Lig

Daar sal nuwe vibrasie eienskappe inkom en soms sal jy letterlik flikkerende ligte in jou visuele veld waarneem en ontvang. Beteken dit dat jy flitse sal sien? Soms kan jy, maar ander kere kry jy net ‘n idee of ‘n gevoel van ‘n bewussynverandering wat ge-anker word. Die ‘Bewaarder’ kanaliseer ons boodskap van die ander kant van die sluier deur sy stembande en dit is sy woorde. Ons het nog nooit van die woord kanalisering gehou nie, want dit klink te geheimsinnig vir wat ons doen. Eintlik doen elkeen van julle ook, alhoewel julle dit dalk verskillende dinge noem. Die ‘Bewaarder’ het geleer om hierdie geesteskanaal in te trek en te fokus, en dit is waar ons as ‘n groep entiteite met hom kan kommunikeer. Hy het geleer om ons te vertrou in daardie area, soos sommige van u op ander gebiede vertrou het. Baie van julle kry hierdie idees en bring hulle op verskillende maniere, alhoewel ander hulle nooit deurbring nie. Geagte kinders, dit is ‘n tyd om daardie lig te begin anker en te leer hoe om dit deurjou eie essensie in te bring. Beteken dit dat alles perfek sal wees? Glad nie. Julle is vertalers en interpreteerders van vibrasie, dus jy moet leer om te vertaal en jy sal foute maak. Jy is immers op die planeet van onvolmaaktheid, so besit dit. U is die perfekte onvolmaaktheid van God, en as u dit verstaan, sal u begin om dinge vanuit ‘n nuwe aspek te sien om in hierdie genade te wandel. Dit is alwat ons jou vra; om elke dag te onthou wie jy is en waarom jy gekom het. Soms is dit net ‘n gevoel, maar jy sal hierdie pulse begin opmerk. Dit is van Solara, maar dit beteken nie dat jy jou lewe op ‘n ander manier moet lei nie. En dit beteken nie dat jy elke gedagte wat jy gegee is, moet volg nie, maar die energie wat in harmonie met jou is, gematig het.

Skryf dit neer, vertel iemand en bring dit op jou manier in jou wêreld. Hierdie idees sal op ‘n heeltemal nuwe manier aan jou gegee word en diekrag wat daaruit voortkom, gaan ongelooflik wees. Jy het die geleentheid om te meng met mense wat onvoorwaardelik van jou hou. Dink jy Solara is geïnteresseerd om na planeet Aarde te kom en dit oor te neem? Dit is glad nie hulle bedoeling nie. Wat hulle wil doen, is om jul sagkuns te benader, om jul te wys dat hulle hier is om te help. Eers onlangs het hulle bewus geword daarvan dat die planeet Aarde van vibrasie verskuif. Hulle kan sien  uit die groot oorsig van die planeet Aarde, en die vibrasiesyfer wat dit nou afstuur, baie meer onreëlmatig word. Ja, julle het Aard veranderings wat gaan plaasvind soos ons al gereelde tye vir julle genoem het.

Ons sal binnekort ‘n paar voorspellings gee, oor wat kom en plaasvind, en met julle deel. Hoe kan jy tydens hierdie tye van verandering op die beste moontlike plek wees? Die belangrikste deel daarvan is jou gees. Nou het jy die geleentheid om op te tree en ‘n waarnemer te word vir baie van hierdie dinge wat jy normaalweg sou loop of probeer wegsteek. Jy het gekom met die genade van gees en dit is wat ons vandag onder julle aandag wil bring en julle wil herinner. Bo alles skyn jy jou gees op ‘n baie digte en verwarde planeet. Skakel in daardie kennis in en kyk. Soos die wêreld rondom jou verander, is dit tyd om op te tree en jou genade in besit te neem. Neem besit van jou krag, selfs al beteken dit dat jy kwesbaar is, want dis hoe dit gedoen word.

Ons bied hierdie herinneringe aan julle. Hou die spieël voor jou gesig sodat jy weer kan onthou wie jy is. Jysal die krag ontvang om hierdie volgende stappe te doen, want ons wag vir jou om presies dit te doen en ons is hier om te help. Ons het die deure geopen, maar net jy kan deur hulle loop. Jy is op die planeet van vrye keuse, kies dus om in genade te wandel en alles waar te neem. Ons groet julle op so manier en vra julle om mekaar met respek te behandel. Versorg mekaar; help almal. Neem die volgende stap as jy hierdie nuwe speletjie speel, en speel goed saam, liewe kinders. Jy is meer geliefd as wat jy weet. Gaan hier vandaan in genade. En so is dit!

Espavo

___________________________________________

~ Verbind die hart ~

Deur Barbara Rother

Barbara stuur haar wense en sal volgende maand weer aansluit.

Espavo is ‘n nie-winsgewende bewuste korporasie wat toegewyd is aan die verspreiding van lig deur bemagtiging

Vertaal deur: Astrid

Vir ‘n lys van ons aanlyn verrigtinge, kliek op die Link Hier

Skedule van alle verrigtinge en gebeure op ons webtuiste kliek op die Link Hier

Kopiereg Kennisgewing:

Kopiereg 2000 – 2018
Hierdie inligting is bedoel om te versprei en kan vrylik versprei word, geheel of gedeeltelik. Asseblief krediet: www.Espavo.org
Dankie dat jy die Lig versprei het!