® Welkom Tuis – Welcome Home2018-08-30T09:05:48+00:00
Welkom Tuis!

Dit was in die maand van Meidat ek sterk aangemoedig was deur die Groep, om ‘n platform vir Lig-werkers te skep, hier op die Internet. Hierdie moes ‘n plek wees waar almal saam kan vergader en waar elkeen sy eie bemagtiging kan ervaar. Dit sal ‘n plek wees waar mense gehelp kan word om in voeling te kom met hulle eie bemagtiging krag. Dit het ‘n paar maande geneem om in werking te tree, en in Oktober 1997, met die hulp van ander, het die eerste inkarnasie van espavo.org plaasgevind.

Die groep het sekere riglyne gegee vir hierdie projek. Die riglyne was om ‘n plek te skep vir mense om saam te kom om sodoende te onthou wie hulle werklik is, en hulle kragte te herontdek wat hulle vergeet het as gevolg van die feit dat hulle die spel tans speel van ‘mens wees’ . Hulle het gesê dat dit die lewens van Lig-werkers op die planeet moet weerspieël en dat dit ‘n taak van konstante evolusie sal wees. Die vermoë om gewoond te raak aan veranderinge sal baie belangrik wees. Een ding wat hulle my vertel het was dat iewers op die voorblad, die woorde “Tweede Golf” ingesluit moes word. Hulle het my gevra om dit nie opdringerig aan te bring nie, maar om eenvoudig die woorde uit die ‘hoofstroom van bewussyn’ uit te laat. Hierdie etiket was nie vir mense om te lees en vrae te vra nie, maar om slegs die energie van die twee woorde te absorbeer.

In die begin het ek nie die betekenis van daardie woorde begryp nie, maar het wel besef dat dit belangrik is om die saad daarvan te plant. Nou kan ek sien dat dit eintlik ‘n golf van menslike bewussyn is; die oorgang van die eerste golf van ‘leer deur die voorbeeld van onderwyser te volg’, na die tweede golf van ervarings deur ‘self-bemagtiging’. In opsomming is dit die mensdom se vorentoe beweeg van die spel van “volg die leier” na die spel van  “Volg Jouself”. As resultaat van die toepassing van hierdie vroeë instruksie deur die Groep sal u vind dat die woorde “Tweede Golf” uit sig is en soms selfs versteek is op elke voorblad van my boeke en gedrukte materiaal.

Om ruimte te kan skep vir hierdie ‘ten volle bemagtigde mens’, is waaroor alles gaan vir die Groep en  hierdie webwerf is ‘n voorbeeld daarvan. Die Groep sê, die Internet is ‘n paradigma vir toekomstige gemeenskappe van die wêreld omdat dit van nature sonder beheer kan vloei en as gevolg hiervan is dit die ideale plek om hierdie ruimte van uiteindelike bemagtiging te skep. Van die “Gedagte vir die Dag” onder die logo, wat elke keer verander wanneer u nuwe toegang tot die bladsy verkry, tot die maandelikse “Lig werker LEWNDELig uitsending”, bied ons u hierdie weergawe van “Hemel op Aarde”.

Die Groep verduidelik dat die hele proses wat ons hier doen, as ‘n ‘uitgebreide spel met baie rekwisiete en vermommings’.

Die eerste bladsy van die boek is ‘n beskrywing van die lewe op aarde, getiteld die “Groot Spel van Wegkruipertjie.” In hierdie skrywe beskryf hulle die voorwerp van die spel as ‘n ontwaking om weer te ontdek wie jy is en jou kragte van mede-skepper te onthou. Die volgende stap in die spel is om daardie magte te implementeer om sodoende die huis aan hierdie kant van die sluier te skep. Dit is tot hierdie doel om die Hemel op Aarde ruimte te skep waaraan hierdie webwerf toegewy is. Die Groep sê die maklikste manier om jou krag te onthou, is om weer met lede van jou oorspronklike geestelike familie te koppel. Dit is ‘n proses wat besig is om oor die hele wêreld te ontvou. Hulle sê as ons in die oë van hierdie mense kyk, kan ons duidelik sien wie ons werklik is.

Hierdie herenigings proses is ‘n belangrike aspek wat ons uitlig in al die skryfwerk wat ons doen en seminare watons aanbied. Hierdie webwerf is ‘n saamkom plek om jou te herenig met jou geestelike familie. Dis ‘n plek om jou gedagtes, hoop en drome te kan deel. Dis ‘n plek om te kan onthou wie jy werklik is, en die krag daarvan te implementeer sodat jy jou weergawe van “Huis” en “Tuiste”  kan skep aan hierdie kant van die sluier.

‘n Vinnige nota om te verduidelik van die druk opsies wat langs die kant van hierdie blad aangebied word. Hulle is die beheer sentrum opsies wat ook gevind word op vele van die web bladsye hier op espavo.org. Hulle neem u nie letterlik na elke bladsy nie, maar dit sal help om bekend te raak met hulle, aangesien hulle u help om die webwerf te verken en te navigeer. Hierdie druk opsies verander dikwels in inhoud en die volgorde van hul voorkoms. Wanneer daar iets nuuts op die werf aangebring is, word dit dikwels na die boonste druk opsie posisie geskuif. Daar is baie inligting hiertot u beskikking en ons hoop u geniet die tyd wat u hier spandeer. Die personeel van “Ligwerker” is baie trots en vol blydskap om u hier te hê. Dit is ons weergawe van die Hemel hier op Aarde.

Hierdie ruimte word ondersteun deur vrywillige pogings. As u, u ondersteuning wil wys, kan uhier maniere sien wat u kan deel van die bou van die droom. Ons maak ‘n verskil – een hart op ‘n slag.

In hierdie ruimte bied ons die geskrifte van die Groep aan. Inligting van die Groep vir die lewering in die hoër vibrasie word in die “Bakens van Lig” – Herinnerings van die Huis segment aangebied. Hierdie inligting word aangebied vir u eie individuele onderskeiding en is bedoel om u te help om u eie skeppingsvermoë te herbevestig. Ons vra u om te neem slegs dit wat aan u eie hartsnare trek en die res agter u te laat. Hierdie ruimte word aangebied as ‘n plek van onvoorwaardelike liefde. ‘n Plek om u eie weergawes van die Hemel op Aarde uit te druk en ‘n plek om in ons oë te kyk en weer te onthou wie u werklik is.

In die komende maande gaan ons baie geleenthede bied vir mense om sodoende hul eie bemagtiging te vind. Ons verwelkom u om deel te wees van hierdie familie op enige manier wat u kies. Mag die Lig altyd by u wees.

Welkom Tuis.

Stywe drukke van Liefde enAanmoediging

Steve & Barbara Rother.
______________________

Die laaste Saterdag van elke maand bied Steve en Barbara die “Virtuele Liguitsending” aan, wat die maandelikse boodskap van die Groep deur gee.