Januarie 2019
‘n Tyd van Liefde
Die Gelykmaking
Goeiedag, liewe kinders.
Die begin van die Spel
Ons kom vandag saam as ‘n kollektiewe eenheid. Ons het gekyk hoedat julle vanaf die begin van die spel deur verskeie vlakke van julle bestaan, beweeg het. Die Aarde en die familie van E, het bymekaargekom en gesê: “Kom ons begin ‘n speletjie met geen reëls hoegenaamd nie. Ons sal sien hoe dit ontwikkel en as mense hul oë kan oopmaak en eintlik weer kan onthou en uitmaak wie hulle is.”En so het dit dan begin en vir eons van tyd vorentoebeweeg deur verskillende vlakke en aansigte van tydruimte. Nou stap julle hier vandaan verder,na ‘n ander vlak van bestaan. Ons is so ongelooflik trots op julle! Soos ons al verskeie kere genoem het, het ons hierdie energieë van skeiding aanskou wat jul planeet deurdring het. Baie van die skeiding het te doen met die voortplanting van vrees, en die manier waarop dit dikwels maklik van een ding na die volgende versprei.
Vrees bestaan net in die toekoms
Vrees en liefde is volledige teenoorgestelde pole. Alhoewel jy aan haat dink as die teenoorgestelde van liefde, is dit nie, want die teenoorgestelde van liefde is eintlik vrees. Jy kan net bang wees vir dinge wat in die toekoms is. En die maklikste manier om te dink aan vrees is as ‘ontbrekende inligting’. Ons wil graag begin om sommige van daardie inligting vir jou aan te vul. Daarom is ons front uit en oop, oor alles wat ons sien wat gaan kom. Geagte mensdom, jul sien nie altyd hoe ongelooflik trots ons op julle is nie, en die wonderlike werk wat julle deur die mensdom laat beweeg het. Om jou gees hierheen te bring om hierdie ervaring op hierdie verstommende manier te kan hê, is ver buite die plan wat jy kon gemaak het. Jy sal dit sien as jy by die Huis kom, want ons sal dit vir jou wys. Jy sal die effek sien en hoe dit uitkring en alles aanraak. Op Aarde vertoon dit oor die algemeen as die teenoorgestelde van liefde en vrees, maar in werklikheid versprei elke persoon ‘n volle spektrumgolf. Ja, daarom moedig ons alle mense aan om op enige moontlike manier na eenheid te werk. Hoekom? Omdat die rede: wanneer eenheid beoefen word, word die gees aangespoor om die volle spektrumgolf te ervaar.
Gelykmaking
Dit is ‘n ongelooflike tyd vir jou as mens om hier te wees en jou plek is presies gereserveer vir ‘n tyd soos hierdie. So, hier gaan jy! U het nou die geleentheid om hierdie volgende stappe te doen. En ons sien uit na die volgende stappe wat nou voor die mensdom staan. Vandag wil ons praat oor ‘n natuurlike gelykmakingsproses wat universeel bestaan. Daar is altyd hierdie heen en weer beweging, wat eenvoudig gebruik word om alles wat buite balans is, te balanseer. Wanneer die golf van rigting verander, dan het die proses van gelykstelling voltooi. Trouens, daar is swart gate of openinge dwarsdeur die heelal wat help om gelykmaking tussen dimensies te bied. Daar is baie dinge wat jy sal begin verstaan as jy vorentoe beweeg in hierdie nuwe realiteit, maar een van die mooiste aspekte is dat jy ‘n vereffening van liefde sal hê. Dit het nou op die aarde begin. Die staat van gelykmaking kan egter ook skielik en sonder waarskuwing toe gaan. Daar is diegene wat dit sal probeer beheer, maar met ‘n bietjie aanmoediging kan gelykmaking oopgaan, en ‘n balans bring wat almal kan geniet. Die tydsberekening hiervoor is nou. U sien, die mensdom het oor die afgelope paar jaar in ‘n algemene gevoel van vreesinbeweeg. Dit is nie reg of verkeerd nie, maar bloot die manier waarop dinge beweeg. Vrees is nie verkeerd nie, liewe kinders, dis bloot ‘n emosionele reaksie op ‘n projeksie. Wat jy daarmee doen, is jou keuse. Natuurlik is vrees ook een manier om jouself te motiveer.
Jy kon dalk baie dinge in jou kontrakte regdeur jou lewe in werking gestel het, om jou die voorbeeld te bring om sodoende, jou in ‘n sekere rigting in te stoot. Wanneer jy in ‘n sekere rigting begin beweeg, moet jy soms wag vir die energie om te stabiliseer sodat gelykmakingkan plaasvind voordat die heelal dit na jou toe bring. Hier is jy, net een tree op ‘n slag en dan na die volgende. Dit is absoluut ongelooflik vir ons om na te kyk. Tog weet ons dat daar tydens hierdie veranderinge meer vrees op die planeet ervaar word is as liefde. Dit het ‘n kans om te verander en dit begin nou. Waar jy ookal in die wêreld is en wat ook al jou omstandighede mag wees, politieke oortuigings of finansiële status, dit is die sogenaamde speler,wat die individuele bord spel stukkie uitmaak, wat jul rond beweeg op jul ontwikkelende spelbord.
Jou speler kan verander word
Jy kan soveel dinge verander, liewe kinders. U kan selfs die spelbord verander, waarvan u sopas van bewus geraak het, en dit is die magiese betowering waaroor ons wil praat. Die gelykmaking is eintlik baie eenvoudig. Jy kan die veranderinge van die planeet Aarde voel, die intensiteit van al die energieë kom bymekaar, want dit bring die mensdom in ‘n baie belangrike tyd van verandering. Die natuurlike reaksie op verandering is altyd vrees. “Wat as ek dit nie maak of verander nie? Wat gebeur as hierdie verandering nie so goed soos die laaste is nie?’ Wel, ons gaan jou vertel dat elke verandering na iets beter lei, al lyk dit nie altyd asof dit so gebeur nie.
Selfs as jy terugkyk na sommige van die ergste besluite wat jy gemaak het of dinge wat met jou gebeur het in jou leeftyd, sou jy hulle regtig verander as jy kon? Nee, dit is nie deel van u stelsel nie. Meer as ‘n ervaring in jou verlede, dit maak deel uit, van wat jou maak van wat jy waarklik is. Bemeestering van dit beteken, dat dit jou nie meer beheer nie en dit is absoluut mooi en wonderlik! Die hele mensdom styg ‘n trap hoër gedurende hierdie tydperk van verandering, en bring hul metamorfiese dop saam wat styf om hulle gevouis, vanaf die tyd toe hulle in ‘n tydperk van vrees geval het. Maar dit lyk nie buiten gewoon nie, want almal wat met hul metamorfiese skulpe rondloop, trek dit baie styf om hul lyf, asof dit op een of ander manier modieus geword het! Dit is nou die norm, om soveel vrees saam met jou te dra en om dit te kan hanteer. Ja, die fyn deel oor vrees is dat die illusie hiermee gevul kan word.
Vul die spasies in
So, dit is waarom ons hier is, is om u te help met die invul van die ontbrekende inligting. Wat ookal julverskillende geloofstelsels, of waarmee julle ook al werk, vul die oop spasies eerste in en dit sal allerhande deure vir jul oopmaak! Jy sal nie eers oor die tweede stap hoef te bekommer nie, want dinge sal baie vinnig begin gebeur. Jy kan maar net die beweging van die energie volg. Dit is die ander deel wat wêreldwyd gebeur, maar hoe diep daardie liefde gaan of hoe goed dit gedeel word, is geheel en al aan die mensdom oorgelaat. Met al hierdie vrees het jy teruggetrek, en jou dop nou baie styf om jouself gebring. Gevolglik is daar ‘n gebrek aan liefde, want jy kan nie vrees en liefde op dieselfde tyd hou nie. Dit begin nou verander, want die opening het gebeur en dit word nou gelyk gestel. Jy sal nou meer goedheid en barmhartigheid vanuit die mensdom sien, as wat jy nog ooit van tevore gesien het, wat ‘n kort ervaring of die begin van ‘n groter tendens kan wees.
Beteken dit dat jy die nuus sal aanskakel en alles sal skielik in die rigting verander wat jy wou hê? Nee, dis nie waarvan ons praat nie. Almal is so bekommerd oor die manier waarop dinge draai en dit het selfs nog meer skeiding veroorsaak. Dus, hoe gaan dit net om lief te hê? Dis wat die opening vir gelykmaking doen, dis die wanbalans wat nou die kans het om te verander en daar is ‘n golf van liefde wat op die planeet Aarde plaasvind. Hoe diep sal dit gaan, hoeveel sal dit ander mense beïnvloed, of help om die situasie op die planeet Aarde te verbeter? Dit is heeltemal aan jou toe geskrywe, liewe kinders. Dis jou werk en dit gebeur nou!
Die opening
Mense het ‘n behoefte om lief te hê en liefde te ontvang. Jy kan nie sonder liefde op hierdie planeet lewe nie. Omdat die hele mensdom in die vrees van onsekerheid beweeg het, is die liefde uit die weg geruim. En dit is nou die vergelykings opening wat plaasvind. Alhoewel dit net ‘n klein opening is, kan dit, indien dit gebruik word, wyer word. Hoe kan jy na die volgende vlak stap waar die liefde is? Jy kan jou wandel pad uit weg van die moeilikheid hou deur te wandel in liefde. Dit is wat plaasvind. Ons wil hê jy moet verlief raak op jouself, op dit wat die moeilikste deel is.
Wat ookal jou geloofstelsels is, maak nie saak watter geloof of tradisies jy volg nie, dit is die tye waarin jy jou hart kan oopmaak en ‘n verskil kan maak. Hou in gedagte dat omring te wees deur hierdie vrees, dit moeiliker maak om jou hart oop te maak, want dit kan jou kwesbaar maak en dit kan moeilik wees. As dit jou laat maak, om jouself binne jou metamorfiese dop toe te sluit en terugkruip in daardie ruimte, dan is dit geneig om dinge te verberg en te bedek. Maar dis die deel waar jy kan ophou om jouself as net ‘n deel van God te beskou. Ons is so lief vir jou as individue, nie net as die kollektiewe van ligte werkers nie. As jy selfs net ‘n gedeelte van die groot liefde wat ons vir jou het kan ervaar, geliefdes, sal jy besef daar is net een manier om daaraan vas te hou en dit is om dit aan ‘n ander te gee en so oorgedra word.
‘n Tyd om in die liefde ‘in te val’
Word verlief op iemand anders, selfs net vir ‘n oomblik. Nee, jy hoef nie jouself te verwar of jou lewe te verander nie. Jy hoef nie eers in seksuele energie toegedraai te word nie. Volg net die onvoorwaardelike liefde -gee dit die kans wat jy het. Dit kan so eenvoudig wees soos die skoonheid van ‘n roos, soos jy dit in jou hande hou. Kan jy lank genoeg stil word om verlief te raak op die sneeu, want dit val vanuit die lug wat dan weer op die boomtoppe land. Of selfs die geringe interaksie wat jy met jou buurman gehad het, aangesien jy albei die vullis buite toe geneem het? Waar dit ookal moontlik vir jou lyk, is daardie geleenthede om verlief te raak, want dit is nou meer as ooit van tevore. U het die geleentheid om hierdie golf van liefde, wat nou op planeet Aarde voorkom, te neem en uit te laat strek in u eie lewe. Bring dit op een of ander manier in en gee uitdrukking daaraan. Gee dit ‘n spasie om vry te groei en te beweeg. Geliefde, dit is selfs belangriker as die toekoms! Dit is belangriker as wat op die Aarde tans plaasvind, wat gebeur in die politiek of selfs wat op Wall Street gebeur.
Jy is nader as wat jy dink, geliefde, jy het die deur oopgemaak om interdimensionele tydruimte te ervaar. Dit is nou heeltemal oop vir jou omdat jy in die vyfde dimensie leef en leer hoe om daarmee saam te werk. Ons is ongelooflik trots op julle. Hou aan om jou hart te volg, geliefdes, neem een stap op ‘n keer. Die Houer was die ander dag êrens heen met sy motor en hy heteen van sy ou geloofstelsels teë gekom by ‘n kruising in die pad. Toe hy tot stilstand kom, was daar iemand in die mediaan by die voet-oorgang met ‘n bordjie wat lees: “Help my.” Wel, die Houer, Steve, se geloofstelsels het begin teë skop en hy het na die ander kant gekyk. Jy sien, hy is geleer dat as jy aan bedelaars gee, dan is jy deel van die probleem in plaas daarvan om deel van die oplossing te wees. Hy het al hierdie rasionale gedagtes gehad, want op een punt in sy lewe het hy eintlik self mense geken wat sou uitgaan, en op die straathoeke sou staan om te bedel. Dit was sy probleem met sy siening van geloofstelsels, totdat ons hom, sy hand in sy broek sak laat in steek het, en die man ‘n bietjie geld gegee het. Dit het hom uiteindelik van die ou oortuigings vrygelaat. Was dit sy verantwoordelikheid wat die man met die geld gaan doen? Nee, die ware geskenk is aan hom gegee toe hy die geld gegee het.
Sien hoe ‘n Gees in die Liefde ‘in val’
Vind ‘n manier om liefde uit te druk, dit in jou lewe in te bring en dit te versterk. Bring dit verder, in elke uitdrukking van wie jy is. Daar is ‘n golf van liefde tans op die planeet Aarde en sodra jy die momentum begin en voortgaan, voel jy alles wat ongelooflike energie vorentoe kom om jou te ondersteun en die verband te maak. Wat gebeur as twee mense hul oë oopmaak en werklik mekaar se gees raak sien? Hulle word verlief. O ja, daar is baie weerstand hier teen. ‘n Mens kan wegkyk en sê:’ Wel, ek moet dit nie doen nie. ‘Maar as jy net verlief geraak het, net vir daardie oomblik? Ons waardeer u vermoë om ons toe te laat om jul lief te hê gedurende die tyd wat ons saam met jul hier was. Jul pad vorentoe is van groot belang vir ons almal. Ons is so ongelooflik trots op alles wat julle hier op die Aarde reeds gedoen het, en ons kan nie wag om te sien wat u volgende gaan doen nie! Neem hierdie golf van liefde, want julle is die wesens wat dit kan vereffen.
Weet dat julle op ‘n ongelooflike pad is. Dit is met die grootste liefde, liewe kinders, dat ons jul vra om mekaar met respek te behandel. Geniet mekaar en speel die spel van voorgee om ‘nmens te wees goed saam,soos jul hierdie pragtige tye van liefde op planeet Aarde vier.
Espavo.
Die Groep
___________________________________________
~Verbintenis van die Hart~
Deur Barbara Rother
Al wat jy nodig het, is liefde
Die voorspellings, kommentaar en vrae wat ons onlangs aangebied het, is toegewy aan die maand Februarie. Ek het genoem dat Februarie een van my gunsteling maande van die jaar is, want dit is die tyd wanneer ons die liefde vier.
14 Februarie is ‘n geselekteerde dag om liefde met Valentynsdag uit te druk. Alhoewel dele van die wêreld vandag dit nie erken nie, of verskillende tradisies het, geniet ek hoe die liefde vir iemand uitgedruk word deur sjokolade, blomme, geskenke, kaarte en tyd saam. Wanneer iemand sê dat jy hul Valentyn is, kies hulle jou as die persoon, wat hulle graag op daardie spesiale dag hulliefde wil wys.
Hoekom moet ons hierdie emosie van liefde eendag beperk? Hierdie hele maand kan gewy word om liefde te versprei, nie net vir een persoon nie maar vir almal. Vind maniere om liefde te gee en te ontvang. Sodra ons hierdie gelukkige gevoel ervaar, sal ons wêreld oopmaak vir ‘n nuwe, positiewe realiteit wat ons dwarsdeur die jaar wil deurwerk.
Dit begin met die diep onvoorwaardelike liefde vir onsself. Eers dan kan ons uitreik na almal wat oor ons pad kom. Liefde is kragtig. Dit lok energie. Wanneer jy liefde uitdruk, stel dit ‘n vibrasie op wat soos ‘n magneet optree, sodat ons deur die heelal liefgehê kan word. Om ‘n warm, liefdevolle hart te hê, sal die positiewe inbring, terwyl die gebrek aan liefde negatief sal in bring. Steve en die groep sê dikwels: “Die teenoorgestelde van liefde is vrees.” Vrees kan al die seëninge wat jy verdien, blokkeer en jou hart sluit.
Wanneer jy liefde vir almal beplan, kom dit op magiese maniere terug na jou. My gunsteling gesegde is “Lag, Lewe en Liefde”. Ek het dit in Steve se trouring laat graveer. Dit is woorde om by te lewe vir ‘n gelukkige lewe. Daar is al talle liedjies geskryf oor die liefde. Een wat ek voel, sê dit is alles “Alles wat jy nodig het, is liefde” deur die Beatles. Hier is net ‘n paar van die betekenisvolle lirieke.
Liefde ………….
Daar is niks wat jy kan doen wat nie gedoen kan word nie
Niks wat jy kan sing wat nie gesing kan word nie
Niks wat jy kan sê nie, maar jy kan leer hoe om die spel te speel
Dit is maklik
Niks wat jy kan maak , wat nie gemaak kan word nie
Niemand wat jy kan red, wat nie gered kan word nie
Niks wat jy kan doen nie, maar jy kan leer hoe om jouself te wees met tyd
Dit is maklik
Al wat jy nodig het, is liefde………
Van my hart tot joune,
Barbara
Espavo is ‘n nie-winsgewende bewuste korporasie wat toegewyd is aan die verspreiding van lig deur bemagtiging.
Vertaal deur: Astrid
Vir ‘n lys van ons aanlyn gebeure Klik die skakel hier
Om die skedule van alle gebeure te sien Klik die skakel hier
Kopiereg Kennisgewing:
Kopiereg 2000-2019
Hierdie inligting is bedoel om te versprei en kan vrylik versprei word, geheel of gedeeltelik.Gee asseblief krediet: www.Espavo.org
Dankie dat jy die Lig versprei het!