Februarie 2019

Die Nuwe Manlike Paradigma

Goeiedaggeliefdes,

Ons bring vir julle groet-wensevanaf die Huis! Ons kom vandag na jullemet die volgende boodskap, om julle na die volgende vlak te neem, want daar is soveel inligting wat op planeet Aarde gedeel word. Dit raak soms van tyd tot tyd ‘n bietjie verwarrend. Laat ons dus eers groete vanaf die Huis, vir julle almal bring. U het almal ‘n sterk bandin u hart, energie, asook die gees wat binne daardie fisiese liggaam woon. Almal van julle beweeg nou in ‘n ander rigting. Die laaste keer dat ons saam was, het ons gepraat oor ‘n natuurlike balans van die vakuum wat veroorsaak kan word. Ons het ook baie gepraat oor liefde en vrees, wat net teenoorgestelde kante van dieselfde munt is. Die hele proses van vrees is egter net op planeet Aarde waar dit ‘n natuurlike menslike ervaring is. Terwyl u na hierdie volgende vlak beweeg, laat ons ‘n bietjie verduidelik wat aangaan en wat die volgende stap vir alle mense kan wees.

Die Gelykmaking proses

Julle het ‘n taak reg voor julle en dit is absoluut magies! U moet verstaan, geliefde, hoe moeilik die tye wat voorlê, vir alle mense kan wees. Julle het teen ‘n ongelooflike spoed gevorder – kyk net na die wêreld om jou! Die lewe is nou makliker as wat dit selfs 10 jaar gelede was. Jul vorder vinnig, so geniet dit en vier dit, werk daarmee. Nou, die laaste keer dat ons saam was, het ons gepraat oor die balansering van energie. Wat gebeur as iets uit balans raak? Daar is ‘n gelykmakings proses wat natuurlik plaasvind. Wel, ons gaan jou vandag vanuit ‘n ander perspektief wys. Ons het al ‘n geruime tyd gepraat oor die opkoms van die vroulike energie op planeet Aarde. Die opkoms van die vroulike is ‘n hele nuwe rol. Jy sal dit sien soos dit ontvou oor die volgende drie tot vier jaar.

Daar sal ‘n prominente vroulike krag wees. Nie net energie nie, maar krag. Dit beteken gewoonlik dat daar ‘n paar her-definisie, heroorweging en herformulering moet wees. Baie van jou woorde is óf verouderd of oorspronklik en is spesifiek vir manlike energie gebruik. Jou spesie word byvoorbeeld selfs as die mens of ‘mankind’ in Engels, geïdentifiseer. Die herkenning en verandering van hierdie wanbalanse maak deel uit van die ruimte, om vir die vroulike op te staan en ruimte te skep. Kom ons praat dus net vir ‘n oomblik hieroor, want dit is ‘n groot gedeelte wat oor die volgende paar jaar sal gebeur. Hierdie wanbalans is veel groter as wat jy dink. Om dit te balanseer, gaan elke area van die lewe op planeet Aarde beïnvloed word, tot by jou fisika. Die goeie nuus is dat dit reeds aan die gang is.

Die Manlike Paradigma

Die manlike energie kant van die Aarde-spel kan hierdie wanbalans doeltreffender maak as die vroulike kant. Met verloop van tyd sal die manlike energie begin om ‘n veilige hawe te skep vir die vroulike om op te staan. Om dit te doen is ‘n nuwe manlike paradigma nodig. Mense is op ‘n evolusionêre stap, en die balansering van hierdie wanbalans sal almal baat bykan vind. Dit sal die manlike ‘n meer kreatiewe en verskillende rol in die wêreld gee.

 Ja, natuurlik sal daar weerstand wees, maar die blote krag van die vroulike opkoms is onstuitbaar! Het jy al ooit probeer om die gety te keer om in te kom? In ‘n kort tyd sal baie wat weerstaan het, vind dat hulle baie meer het om te ondersteun, deur ondersteunend te wees en ‘n nuwe manlike paradigma sal begin. Ons vra dat almal hierdie nuwe paradigma begin voorstel in jul verbeeldings wêreld. Dit is baie eenvoudig. Daar sal ‘n natuurlike balans wees, maar dit sal baie stadiger wees. Dit sal moeite neem, want daar sal weerstand wees met aansienlike heen en weer beweging.

Wat as jy ‘n vrou is wat in hierdie energie werk? Ons is bewus daarvan dat 70 persent van ons gehoor vroulik is, maar jy dra ook manlike energie so hou dit in gedagte. Dit is net so dat ons saam met mans gewerk het om vroulike energie te dra. Dit is egter nou nuttig vir vroue om dit veilig te maak om die manlike paradigma te verander. Daardie skeiding moet verminder, en daarom het jy soveel in jou nuus oor verskillende soorte seksualiteit. Van bi-seksualiteit tot trans-gender, meng mense saam en het nuwe soorte verhoudings. Alle vorme van interessante dinge gebeur, waarvan geen een van hulle tipies reg óf verkeerd is nie. Dit wys bloot dat die kollektief beweeg na ‘n nuwe energie om te balanseer, en dit is die huidige manlike paradigma wat dit kan vertraag.

Is dit moontlik dat die nuwe manlike vorm die vroulike energie sal ondermyn of oorkom? Nee, die vroulike energie is baiekragtig, veral in hierdie tyd. Hoekom bereik jul dit nie deur harmonie nie? Ons besef dat dit al ‘n geruime tyd op jul planeet is, aangesien jul op daardie manier dinge opgelos het. Die meeste van die tyd gaan mense na die oorlog, maar julle beweeg ook verby dit. Julle groei as ‘n planeet van wesens en dit vind baie vinnig plaas. Dus, om hierdie vroulike energie te skep, wat is die stappe wat enigeen van julle kan neem om dit veilig te maak? Kyk na geslagsgelykheid, wat bykans in elke area waarin julle groot geword het, buite balans is. As jy dus na gebiede kyk wat jou persoonlik raak, kan jy dit baie beïnvloed. Baie van julle kan meer van ‘n verskil maak, as wat jy selfs besef, om sodoende te help om die ruimte te skep vir hierdie energie om te ontwikkel.

Bevryding van die ou paradigmas van kompetisie

Mense is ingewikkelde wesens, omdat julle groot geword het op ‘n gebied van polariteit en dualiteit. Jul beskou alles as óf reg óf verkeerd, en óf goed óf sleg. As jul uit die ‘kompetisie mentaliteit’kan stap, sal dit help, want byna alles is in ‘n raamwerk van kompetisie geplaas. Dit is hoe julle as mensdom julself gemotiveer het. Alhoewel dit nie verkeerd is nie, maar nou dat julle in die vyfde dimensie is, kan dinge anders begin werk.

Julle verstaan ​​al hoe om magiese gebeure te skep. Jy kan eenvoudig dingeskep slegs deur te dink aan hulle! Wanneer jy jouself in harmonie bring, kan al die energie in elke sel van jou liggaam vibreer in harmonie saam, sodat jy die grootste moontlike hoeveelheid lig kan deurlaat. Die betowerende krag verskyn en dit is nou tansal op hande!

Wanneer jy die energie van die manlike en vroulike balanseer, skep jy ‘n heeltemal nuwe kollektief wat saam kan styg. Deur dit te doen, kan jy baie van die probleme wat mense tans op planeet Aarde beleef, oplos. Dit is moeilik om selfs die baie oorloë op aarde op soveel vlakke te tel. Immigrante word uit hul huise gedwing, wat massamigrasie veroorsaak. Die mense wat burgers is op hierdie plekke waarheen mense migreer, reageer dan asof andermense iets van hulle af wegneem. Ag, my genugtig, julle mense speel sulke prettige speletjies! Dit is absoluut ongelooflik om te aanskou.

Die vroulike het al die oplossing vir hierdie probleem. Wanneer moeders op alle vlakke met ander moeders begin praat, sal dinge begin verander, want hierdie balans wag om te gebeur. Onthou, jy is op die planeet van vrye keuse.

En hierdie nuwe manlike paradigma kan gebaseer wees op kreatiwiteit in plaas van kompetisie. Eons gelede het die grotman ‘n klub gedra, maar wat as dit nie die manlike paradigma was nie? Ons hoop dat u besef dat die huidige paradigma presies daardie antieke is. So, wat as die nuwe manlike norm mag sou verkry deur harmonie eerder as brute krag? Dit is die man op jou planeet wat voordeel sal trek uit ‘n nuwe paradigma. Droom, stel jou voor en plaas jou gedagtes in die kollektiewe rekord. Dit begin met ‘n gedagte.

Daar is nou tans al plekke waar jy daarmee kan begin en die kollektiewe vind ‘n nuwe energie. Dit is amper asof al die deure en vensters skielik oopgemaak is en die vars lug kom binne. Maak ruimte vir die vroulike om op te staan. Hoe kan jy iemand met vroulike energie bemagtig? En dit hoef nie ‘n vrou te wees nie, dit is die interessante deel. Jy hoef nie ‘n man te wees om met ‘n nuwe manlike paradigma te kom nie. Die realiteit is dat, sodra jy die paradigmas onder die knieë kry en weet hoe dit werk, kan jy dit redelik maklik deurgee. Hierdie volgende paar maande het u die geleentheid om maniere te vind om ‘n nuwe manlike paradigma te maak.

Dit is magies, geliefdes! Ja, dit gaan baie moeite kos en dit sal ‘n kollektiewe besluit wees, en sal nie in enkelvoud kan plaasvind nie. Daar is geen boeke oor die onderwerp geskryf, nie een kursus of kanaal nie. Wanneer die energie egter ge-anker word, maak dit die volgende deur oop waarvoor julle al lankal voor wag. Ons het julle al voorheen gesê dat julle in ‘n tyd van bemeestering is en gedurende die volgende paar maande is daar nog ‘belynings’ wat gaan plaasvind. As mens, probeer jy om jou presiese belyning te vind, daar waar jy die hoogste potensiaal van ‘n gees kan wees, waar julle jul voordoen asof jul elkeen ‘n mens is in hierdie spel. As gevolg hiervan, het julle baie veranderinge wat plaasvind.

Die Nuwe Speletjie

Ons kan nie wag om met jul te deel, die opwindende dinge wat julle kan doen as jul in hierdie volgende vlak ingaan nie. Dit is so ongelooflik, want die magiese krag is binne jullehande. Jy hoef nie eers te dink nie, en jy hoef beslis nie ‘n kursus te neem of te leer hoe om jouself te koppel om iets te laat verskyn nie. Dit gebeur net! In werklikheid sal jy op verskillende maniere daarmee werk. Jy sal leer hoe om hierdie ander area binne te tree, alhoewel die vrees om tot daar te kom, probleme kan skep. Die goeie nuus is dat wanneer jy daar is, die vrees dan baie maklik verdwyn. Jy gaan op hierdie volgende vlak van die lewe vind, dat dit baie meer gemaklik isvir ‘n gees. Dit is heel anders en ja, jy sal uit die fisiese begin uitstap. Wees asseblief nie bang nie, omdat dit nie regtig ‘n fisiese sterwensproses is nie. Trouens, die meeste van julle sal nie eintlik eers weet dat jy dit bereik het totdat jy omdraai en dit vir jouself bewys nie. Julle kan waarlik net ontspan, geliefdes!

Gaan deur die proses en weet dat jy baie geleenthede het. Elke keer as jy iets buite orde sien, anker dit deur ‘n gedagte-nota te maak in jou brein. Dis so eenvoudig. As jy iemand op televisie of die internet sien wat buite balans bly met die  manlike vroulike, maak ‘n gedagte-nota. Bepaal dan hoe dit sou werk as die paradigma anders gestel is. Jy kan dit in jou hart anker, ongeag die uitdaging of wan-harmonie.

U het basies die intensie gestel dat dit geharmoniseer moet word. Dit is wat gebeur as jy worstel met enige probleem. Die hele wêreld help jou daarmee, en dit is die diep waarheid van die innerlike vlak wat jy nou begin bereik. Hoe bereik jy dit? Maak ruimte vir die vroulike.

Oplossing van die Divisie

Daar was tye voorheen toe jy gegroei het, en weer moes jy die voorskotte daarvoor maak. Jy moes deur die 1960’s en die 1970’s gaan. Ja, jy moes die bra’s verbrand. Jy moes al daardie dinge doen om uit die beheer, en dan in die vryheid van die vroulike energie in te tree. Soms wanneer die mens te vinnig beweeg, is daar te veel van ‘n verdeling tussen een gedagte en die ander. Mense eindig met die speel van hierdie spel heen en weer, dit is soveel makliker as jy saamwerk. Alhoewel beide geslagte dit kan oplos, het die vroulike golf die grootste geleentheid in hierdie tyd.

Anker dieLig

Geliefde, julle is die grootste magiese engele wat ooit geleef het. U kan help om die wêreld se probleme op te los deur lig te veranker. Hoe werk dit? Hoe doen jy dit? Dit begin met bewustheid. Dit is baie eenvoudig, jy word bewus. Of jy bewus word van die probleem in die koerant, op televisie, of dalk praat iemand met jou of jou kinders. Dit is die dele wat ons wil hê julle moet anker. Jy moet dit nie altyd oplos nie, maar as jy weet dat daar ‘n probleem is en jy sien dit, anker dit en bring dit in. Identifiseer dit as ‘n probleem, maar los die onmiddellike behoefte om dit reg te stel. Neem dan die harmonie in jou hart, en oor ‘n baie kort tyd sal dit begin verander.

Om ruimte te skep vir die vroulike, word die maklikste bereik deur ‘n nuwe paradigma vir manlike energie te skep, want die paradigma vir manlike energie is heeltemal verouderd. Die gebruik van geweld sal in ‘n redelike kort tyd ondoeltreffend wees namate mense ontwikkel. So as jy nie mag kan gebruik nie, moet jy van harmonie gebruik maak. Dit is wat ons van voor af probeer het om met julle te werk. Ons kom nader aan ‘n nuwe manlike paradigma. Die skep van ‘n nuwe manlike paradigma beteken nie dat elke man daarin sal trap nie. Maar aangesien die drukking van die opkoms van die vroulike reeds gevoel kan word, is om hierdie gedagtes wat hier uitgedruk word, dieselfde soos om ‘n sjabloon te hê wat reeds in plek is om in die nuwe energie in te pas. Hierdie paradigmas is tydelik omdat hulle moet groei, alhoewel dit vanaf ‘n beginpunt sal gebeur.

Daar is ‘n geleentheid om in ‘n nuwe realiteit in te gaan en jou voorslag en aanspraak daarop te neem. Ons vra jou om in jou eie lewe, of jy manlik of vroulik is, ‘hoe kan jy help om ‘n nuwe manlike paradigma te skep, selfs vir die manlike aspekte in jou?’ Dit maak nie saak of jy ‘n man of ‘n vrou is nie. Ons hou daarvan om hierdie idees aan u op te lewer. Verseker dat julledaardie sade in baie vrugbare grond plant omdat julle die Ligwerkers van die planeet Aarde is. Julle het gekom om op baie kritieke tye geaktiveer te word, om presies op hierdie oomblikke te wees. Jul ontwaak uit die droom teen ‘n ongelooflike pas. Reik uit en hou mekaar se hande vas. Julle kan ruimte maak vir die vroulike deur ‘n nuwe manlike paradigma van krag te skep.

Wel gedaan, geliefdes! Dit is met die grootste bewondering wat ons julle op hierdie manier groet! Ons vra u om mekaar met respek te behandel, mekaar te koester, te respekteer en hierdie spel goed saam te speel.

Espavo

Die groep

______________________________________

~ Verbintenis van die hart ~

Deur Barbara Rother

Uitbreek van ons Gemak-sones

Steve en ek woon in die stad Las Vegas. Dit is die plek van geleenthede. Gebruik ons ​​dit? Ons vind dit soms onmoontlik om dit te doen. Dit is lekker om te weet daar is altyd baie opwindende idees om te verken, wat wissel van die naglewe tot die natuurskoon. Gewoonlik wanneer ons nie tyd spandeer met ons passie van ons werk nie, kies ons om ons ontspannings oomblikke in die gemak van ons huis te spandeer. Ons terg mekaar oor ons leefstyl om te kan leef in die gemak van die ruimte wat ons vir onsself geskep het, ‘n goeie maaltyd te geniet, films te kyk of enige televisieprogram wat ons interesseer. Ons ervaar dit as ‘n kosbare tyd vir onsself, om spesiale oomblikke met mekaar te deel en om‘een tot een’ gesprekke te kan deel en op ‘n diep, maar lekker manier van kommunikasie en samehorigheid met mekaar te verbind.

Soms besef ek dat ons in ons gemaksone vas val. Ek voel dan ‘n skielike drang om ‘n bietjie tower krag in ons lewens te skep. Gisteraand het ek vir Steve verras met kaartjies vir ‘n lewendige vertoning by een van die casino’s op die Vegas-Strip. Ons het die tyd gehad om die casino met al sy glans en glitter vooraf te verken met ‘n lekker aandete en selfs my gunsteling slot masjien “Wheel of Fortune” gespeel. Ons het elkeen $ 20,00 ingesluit waarmee ons vir ‘n lang tyd in hierdie fantasiewêreld kon speel. Albei van ons het elke keer geniet om te wen, maar dit was Steve wat weggeloop het as die wenner met genoeg geld om vir ons aandete te betaal. Die vertoning was vermaaklik. Ons het langs ‘n jong paartjie gesit waarvan ons dit baie geniet het om mee te gesels. Die vertoning het laat geëindig, maar ons het saam met die nag atmosfeer lewendig gevoel. Die paartjie het ons gevra om by hulle aan te sluit vir drankies en dans. Steve en ek het na mekaar gekyk en besluit dat aangesien dit so laat was, wou ons liefs terugkeer na die huis se gemak. Vanoggend het ons aan mekaar gesê dat ons onsself net moes gedruk het,om verder saam met hierdie egpaar in dieaand pret te hê.

Om die daaglikse lewe te beleef, kan ‘n roetine word wat jy maklik kan vestig. Dit is belangrik om onsself te herinner om in nuwe avonture uit te breek. Dit kan die lig in die lewe terugbring wanneer ons die opwinding van nuwigheid in ons lewens laat vlam vat en vonkel. Ons gedagtes hou die sleutel tot ons ervarings. Moenie wag vir die geleenthede om oor jou pad te kom of iemand anders met die idees te laat kom nie. Wees die aanhanger van jou eie realiteit deur die lewe te kies wat jy wil lewe. Nou is die tyd om idees te skep wat jou persoonlike wêreld laat ontwaak.

Ons kan almal onsself uitdaag om uit ons gemaksones te beweeg en met groot en aangename afwagtinge na die toekoms te kyk. Daar is ‘n hele nuwe wêreld daar buite, gereed vir ons om te verken sodra ons die veiligheidsnet van die huis verlaat.

Met liefde en lig,

Barbara

Espavo is ‘n nie-winsgewende bewuste korporasie wat toegewyd is aan die verspreiding van lig deur bemagtiging.

Vertaal deur: Astrid

Vir ‘n lys van ons aanlyn gebeure Klik die skakel hier

Om die skedule van alle gebeure te sien Klik die skakel hier

Kopiereg Kennisgewing:

Kopiereg 2000-2019
Hierdie inligting is bedoel om te versprei en kan vrylik versprei word, geheel of gedeeltelik.

Gee asseblief krediet: www.Espavo.org
Dankie dat jy die Lig versprei het!